Motormark steier in EU

Te midde van die motorskou wat in Parys, Frankryk, plaasvind gaan dit nie goed met motorvervaardigers nie, veral die Franse produkte kry besonder swaar.

Op ‘n jaar-tot-jaar basis het motorverkope in die Europese Unie afgeneem met 7,1%. Die grootste afnames was by Renault met 16,3%, Peugeot/Citroën met 13,5% en die Fiat-groep met 17,1%.

In Suid-Afrika was daar ‘n toename van 9,4%, ten spyte daarvan die die land se ekonomie besig is om sy groei potensiaal te verloor.

China, met sy miljard bevolking het ‘n sterk eie motornywerheid waar meer as 18 miljoen voertuie vir die jaar vervaardig is. Dit is groter as die VSA en Japan se produksies gesamentlik. Alhoewel China ‘n relatiewe nuwe motorvervaardigingsland is, is sommige van die fabrieke al meer as tien jaar oud. In 1985 het China slegs 5 200 motors vervaardig.