MOTOR RUBRIEK – VETERAAN MOTORS – 4 OKTOBER 2012

In die vorige rubriek is daar verwys na die droogproses van die onderlaag. Wanneer hierdie proses voltooi is, kan die finale afwerking van die onderlaag plaasvind.

Die onderlaag kan met 220 graad water skuurpapier afgeskuur word. Vir die beste resultate word die skuurproses met sirkelvormige skuur bewegings gedoen. Wanneer die “lemoenskil” effek op die verf glad afgeskuur is, kan 400 graad skuurpapier gebruik word om die afwerkproses te finaliseer. Siende dat water gebruik word tydens die skuurproses, moet die verf oppervlakte droog wees voordat die finale ondersoek gedoen kan word.

Om die vinnigste droë oppervlakte te verkry, kan dit afgedroog word met ’n seemsleer lap. Die oppervlakte moet ’n dowwe maar gladde struktuur, sonder diep skuurmerke, vertoon.

Vervolgens kan daar begin word met die verfproses. Die proses sal volgende bespreek word.