Mooiste Maan

Die datum is 29 September 2012: Die plek: Kanada. Die mooiste maan het saam met die herfs equinox opgekom. Hulle noem hom die super “harvest moon” en hy sal eers weer verskyn in 2029. Die maan het ook die einde van die somer gebring en die begin van ‘n yskoue herfs aangekondig. ‘n Paar dae later het dit dik gesneeu en ons het wakker geword in ‘n wit wereld. Die dag voor die sneeu op die 1ste Oktober, het die natuur nog ‘n verrassing gestuur in die vorm van die aurora borealis. Daar was nie ‘n wolkie in die lug nie en die noordelike ligte het in die hemelruim rondgespeel.

Die veilige toekoms en pragtige natuurskoon bring vir ons op die 8ste Oktober die Kanadese “Thanksgiving”. Daar is voorwaar baie waarvoor ons moet dankbaar wees hier en ons sal ons seeninge tel.