Michael Sata sê Mugabe leef in weelde

Zimbabwe se mense leef in armoede as gevolg van sanksies deur die Weste, terwyl pres. Robert Mugabe in weelde leef, het Michael Sata, Zambië se president, aan Amerikaanse beleggers gesê.

Sata, wat oor baie jare Mugabe verdedig het, is gefrustreerd oor Mugabe se onwilligheid tot hervorming.
Hy het gesê die huidige sanksies werk eenvoudig nie.

Hy het ook gesê dat Mugabe en sy binnekring nie die uitwerking van die sanksies voel wat al tien jaar gelede opgelê is nie.

“Julle het sanksies teen Mugabe, maar die sanksies beïnvloed hom nie,” het Sata in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gesê.