Lonmin: Laggende polisiehoof

Die nasionale polisiehoof, genl. Riah Phiyega, het blykbaar gelag en grappies gemaak terwyl beeldmateriaal vertoon is van die skietery by Lonmin Marikana-myn tydens die Farlam ondersoek gespeel is, het The Times berig. Phiyega het glo grappies gemaak met ‘n regsadviseur van die staat toe beeldmateriaal gespeel is van die mynwerkers wat doodgeskiet is.

Sy het geglimlag terwyl sy gekyk het.

Dit was eers nadat familielede van die mynwerkers begin skree het, dat Phiyega “in ‘n yskoningin verander het, en die hartseer families geïgnoreer het”.

“Phiyega het stip voor haar uitgestaar en ‘n skreeuende vrou, wat antwoorde gesoek het oor haar man se dood, ignoreer,” het die koerant berig.

“Hoekom het hulle dit gedoen? Hoekom het jou polisiemanne my man doodgemaak? Wat het hy gedoen?” het die vrou geskree.