Lesotho soos Zimbabwe – hongersnood

LESOTHO word deur honger¬snood geteister wat ernstige gevolge vir Vrystaat se boere inhou.
Die produksie van mielies, die bevolking se stapelvoedsel toon ’n afname van 77% weens die swak weersomstandighede en boerdery praktyke.
Die land se koringoes het ook met 52% afgeneem.
Volgens kenners gaan veral Vrystaters, groot probleme ondervind met grensbeveiliging wat nie toegepas word nie. Dit gaan daartoe lei dat boere se vee teen ’n ongekende tempo gesteel word om honger mae te vul.
In die afgelope jare is boere aan die Vrystaatse grens ernstig geraak deur veediefstal. Hierdie toestand gaan nou drasties vererger.