Koraalrif kan vernietig word

Die Groot Koraalrif in Australië gaan tans gebuk onder ‘n seester-spesie wat die bykans die helfte van sy lewende koraal wegvreet.

Dit is die kern van ’n wetenskaplike verslag wat handel oor die aangeleentheid.

Die Groot Koraalrif is Australië se top-toeriste-aantreklikheid. Gedurende die afgelope kwart eeu is bykans die helfte van sy lewende koraal verloor.

Van die skade wat aangerig is, was minder as die helfte veroorsaak deur tropiese siklone.

“Daar is ‘n sterk saak om seester-getalle te verminder,” het die navorsers se verslag gelui.