Klimaatverandering tref die hele wereld.

Die eienaardige weer patrone dwarsoor Kanada hierdie jaar het die herfs blare beïnvloed. Die uiterste weerstoestande het veroorsaak dat die helder oranje, geel en rooi van die herfs blare nie so helder is soos ander jare nie en omdat hierdie tipe weer baie stres in die bome veroorsaak het, het die blare vroeër verkleur en afgeval as wat normaalweg die geval is in die herfs. Die week wat voorlê bring vir Kanada koeler temperature met ’n minimum onder nul grade. Die weerkantoor voorspel ’n mengsel van reën en sneeu gedurende die week.