Kataloniërs gou na stembus.

Katalonië het ‘n spoedreferendum aangekondig. Die streek se leier Artur Mas soek onafhanklikheid van Madrid en het openlik selfregering geëis.

In dieselfde beroep waarin hy eenheid met Spanje gepleit het, het die president van die noord-oostelike provinsie van Spanje ‘n verkiesing vir die 25ste November aangekondig.

Die verkiesing word as ‘n de facto referendum beskou waarin hy ‘n mandaat van sy volgelinge sal vra vir hulle reg tot selfbeskikking. Mnr. Mas het die verkiesing aangekondig nadat die Eerste Minister van Spanje, Mariono Rajoy, Katalonië se voorstel vir ‘n nuwe fiskale beleid waarin die provinsie groter beheer oor sy inkomste en uitgawes sal uitoefen, van die hand gewys het.

Mnr. Mas het die parlement in Barcelona meegedeel dat hulle nie hoef te regverdig wie en wat hulle is nie. Hulle wil slegs dieselfde toegang tot dieselfde instrumente hê wat alle ander nasies het om hulle identiteit te behou en te beskerm.

Hy het sy vorige uitlating herhaal dat Katalonië sy eie ekonomie moet beheer. “Indien Katalonië ‘n onafhanklike staat is, sal hulle onder die 50 grootste uitvoerlande tel,” het hy gesê.
Dit is interessant om te onthou dat die Kataloniërs hulleself nog altyd as die ware Spanjaarde gesien het. Diegene wat nog die Barcelona Olipiese Spele kan onthou, sal weet dat alle aankondigings eers in Katelaans en dan in Spaans gedoen is. Hierdie siening kom uit die geskiedenis. Koningin Isabella van Castille en haar man, Prins Frederick van Aragon het die Moslems verslaan, die Jode uit die land verban en Spanje verenig.
Dit is inspirerend om te sien dat hierdie gebeure wat in die laat 1400 en vroeë 1500 afgespeel het, steeds ‘n volk so kan verenig.