Kanadese Belasting

Die gemiddelde Kanadees betaal baie belasting en…o, wag ‘n bietjie…Die gemiddelde Kanadees kry iets terug vir sy geld. Skole is gratis en is eerste wereld gehalte, medies, dokters, hospitale en selfs kanker behandeling is gratis; ouetehuise is gratis en skoon – daar word mooi na die oues van dae omgesien en hul word met respek behandel. Dan is hier ook natuurlik die regerings pensioen. Elke winter skraap hul die paaie elke dag skoon van die sneeu. Elke week word ons asblikke leeg gemaak. Gedurende die winter sê ons dankie vir die omie wat ons gemeenskap se paaie skraap en hy gloei van trots. Die straatveers doen hul werk met ‘n glimlag. Werkersdag beteken nie toi-toi nie, maar mense gebruik hierdie dag om dankie te se dat hul wel werk het.

Dit maak ons jaloers – Red.