Is dit hoe die stakers staak?

Suid-Afrika gaan gebuk onder ’n reeks stakende werkers se joligheid van nie werk nie en nie verantwoordelik optree in belang van hulle werkgewers en ook in belang van almal in die land.

Die vraag wat na vore kom is geregverdig. Is dit hoe stakers staak?

Uit ’n ekonomiese oogpunt is dit gewoon net ’n klomp moeilikheidmakers. Die polisie skiet eers ’n horde moeilikheidmakers dood met die gevolg dat nog meer moeilikheid opgewek word.

Derduisende mynwerkers het skielik agtergekom dat staking vir meer geld ’n lekker vakansie is. Hulle gaan meer geld kry met die sit-op-’n-heuwelkoppie posisie. Hulle sal daar afklim en gaan werk wanneer die geld meer is en die doodskiet episode agter die rug is.

Die meer as R200,000-00 wat nou per dag betaal word aan die vier ondersoek beamptes na die skietery is maar die belastingbetalers se probleem….

Asof die meer geld ewe skielik ’n geelwortel-storie geword het, besluit die vragmotorbestuurders dat dit nou ’n gawe geleentheid is om ook bykomende vakansie te neem en terug te keer werk toe as daar baie meer geld elke maand in die beursie is. Nou gaan die hawens se werkers ook meedoen…..

Om die vakansie opwindend te maak word die staking ’n heerlike avontuur van uitbrand en klipgooi en vernietig eerder alles wat voor kom. Dit is wat ’n staking beteken!

Die klipgooi-afbrand-staking is ’n gevestigde patroon afkomstig uit die skool van die kommunis maar dit is ook ’n tipiese ritueel van ’n onbetroubare vernielsugtige vakbond gedrewe werkerskorps. Nadat hulle vragmotors uitgebrand het, of met klippe verflenter het, paaie onbegaanbaar gemaak het, het hulle die land se ekonomie geknou, hulle werkgewers se belange geruïneer en die ganse wereld laat kopskud oor die vernielsugtige optrede wat grens aan barbarisme. Die wereld word nou meer onrustig oor die gang in Suid-Afrika en voel dit word ’n tweede Zimbabwe.

Dit is hoe ons dit leer ken het in hierdie land vir die afgelope byna 20 jaar. Die ontevredenheid word op eg kommunisties-sosialistiese wyse bekend gemaak. Breek af en verniel alles – byt die hand wat voed.

Wys my ’n Boere-Afrikaner wat so optree! Wys my ’n Christengelowige volksgenoot wat met sulke optrede kan saamleef …..

Laat elke Boere-Afrikaner maar die moue oprol en werk – werk om ons volk maksimaal te registreer as stemgeregtigdes vir ’n volgende VVK-verkiesing, want dit is die weg na volksvryheid.