Honderde ongekwalifiseerde onderwysers

Meer as 2 000 onderwysers in Natal is nie gekwalifiseer om skool te hou nie.

Volgens berigte het die provinsie se staande komitee oor openbare rekeninge daarvan kennis geneem dat die meeste van dié onopgeleide onderwysers by skole in landelike gebiede ontplooi word.

Nkosinathi Sishi, die hoof van die departement, sê ‘n besluit is verlede jaar geneem om die aanstelling van ongekwalifiseerde onderwysers stop te sit. Hy sê die departement moet nou dié besluit heroorweeg aangesien skole te min onderwysers het.
n Woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging het aan Die Vryburger gesê dat dit waarskynlik die punt van die ysberg is en dat daar nog derduisende soortgelyke gevalle elders in die land is.
“Dit verklaar ook waarom die uitslae so vrot is”, het sy gesê.