Het jy nog brood op die tafel?

Terwyl kospryse bly styg as gevolg van die wêreldwye ekonomie wat sukkel en struikel, tesame met die groot droogtes in verskillende wêrelddele, moet Suid-Afrikan ook begin bekommerd raak oor die beskikbaarheid van kos in hul kombuise.

Die voedselskaarste in baie dele van die wereld kan uitkring om uiteindelik ook Suid-Afrika te bereik, het ’n woordvoerder gesê.

Gareth Ackerman van Pick n Pay, het gewaarsku dat die land verskriklik vatbaar is vir tekorte. Hy meen dit sal slegs een ernstige droogte wees wat die land se voedselsekuriteit wankelrig sal maak.

Wat Ackerman nie gesê het nie, is dat die regering se arbeidsbeleid en grond-gryp beleid die grootste oorsaak sal wees vir voedsel tekorte in die land. Die klimaatsveranderinge speel ook ’n belangrike rol. Droogtes wat later opgevolg word met oorstromings kan algehele chaos in die landbou veroorsaak, het ’n woordvoerder van TLU SA aan Die Vryburger gesê.