Genade op genade vir Botes egpaar

Rita Botes (30), die moeder van die babaseuntjie Wiehan, (foto) wat deur die terroriste vermoor is in Delmas, is weer swanger. Hierdié keer is dit ’n tweeling.

Botes het gesê die nuus is nog nuut want sy het eers Maandag uitgevind dat sy swanger is.

Sy en haar man, Wiets (32), het ná die moord van hul seun en dié dagmoeder, Margrietha de Goede (66), besluit om weer te probeer.

Wiehan se lykie is op 23 Mei onder ’n bed in ’n slaapkamer gevind en De Goede se lyk onder ’n mat in ’n buite-stoorkamer. Hulle is in De Goede se huis vermoor.