Geleerdheid nou van weinig belang in Nuwe SA

In ’n eksklusiewe onderhoud met Die Vryburger, het ’n kenner op onderwysgebied namens die Republikeinse Vrouebeweging sterk menings gelug na aanleiding van die mynwerkers se eis om R12,500-00 per maand te verdien na gewone aftrekkings gedoen is.

Sy het daarop gewys dat onderwysers op sekere vlakke, met twee en drie jaar naskoolse opleiding, minder verdien as wat ongeskoolde mynwerkers nou sal verdien.

Die feit dat die ander sektore soos die vragmotor bestuurders ook soortgelyke looneise instel, kan daartoe lei dat voornemende studente kan dink om eerder te gaan werk teen ’n vergoeding wat in elk geval meer is as wat andersins verdien sou word nadat studie voltooi is, het sy gesê.