Frankryk se “Groot Sharpville”

Na verloop van ’n halfeeu het die Franse regering toegegee dat die land se polisie in 1961 tientalle Algeryne tydens ’n betoging in Parys doodgeskiet het.
Die bloedbad van 17 Oktober 1961 is dekades lank verswyg, maar ’n polemiek daaroor het hierdie jaar opgelaai.
Historici stel die dodetal op meer as 200. Die skietery het slegs 19 maande ná die Sharpeville-gebeure in Suid-Afrika plaasgevind. Sharpeville het 69 lyke gehad. Sharpeville het ’n groot rumoer oor die wêreld heen veroorsaak want apartheid is die rede vir alles wat verkeerd is. Frankryk het hulle Sharpeville bloedbad onmiddellik doeltreffend doodgedruk deur aan die media te vertel dat drie mense dood is tydens die voorval.
Die Apartheidsregering het nie probeer om die voorval te verdoesel deur leuens te vertel nie..
Dit was ondanks die feit dat tientalle lyke ten aanskoue van duisende mense in die Seine afgedryf het.
Net soos wat Brittanje jare lank probeer het om die konsentrasiekamp-moorde te ontken, net so het Frankryk sy moorddadigheid ontken. Hierteenoor het die Apartheidsregering sy optrede bekend gemaak.
’n Woordvoerder van die Verkennersbeweging het aan Die Vryburger gesê dat die optrede van ander aanvaar word omdat dit met leuens bedek is vir baie dekades.