Fietsry rekord spat op 101 jaar

‘n Fietsryer het die wêreld verstom toe hy 100 km-fietsry wedren in minder as vyf ure voltooi het en dit gedoen het op ’n ouderdom van 101. Robert Marchand, wat in November vanjaar 101 jaar in lewe sal wees,, sê hy het lank geoefen om die rekord op te stel.
“Ek het beter gevaar as wat ek gedink het,” het die lenige bejaarde aan verslaggewers gesê by die stadion in Lyon waar hy die 100 km in 4 ure, 17 minute en 27 sekondes afgelê het. Dit beteken hy het ’n gemiddelde spoed van net meer as 23 km/h behaal, wat hom die vinnigste fietsryer van sy ouderdom in die wêreld maak.