Eksoplaneet om Alpha Centauri is die naaste nog ooit

BBC News berig astronome het die naaste planeet aan die Aarde buite ons sonnestelsel ontdek. Die planeet draai om een van die sterre van Alpha Centauri en is slegs vier ligjare weg van die Aarde af.
Die planeet se massa is min of meer dieselfde as die Aarde s’n, maar sy wentelbaan is baie nader aan die ster as wat Mercurius om ons son wentel.
Die naaste ster aan ons son is Proxima Centauri, wat glo saam met die helder sterre Alpha Centauri A en B deel vorm van ‘n drie-ster sisteem.
Die planeet is ontdek naby Alpha Centauri B deur die Harps instrument by die Europese Suidelike Sterrewag se La Silla-fasiliteit in Chili. Hierdie planeet is baie nader aan die Aarde as enige van die meer as 840 bevestigde eksoplanete.


Ons naaste buiteruimtelike buurmanne is sedert antieke tye ‘n interessante navorsingsveld.