Ek sien dit so!

Indien die verlede ‘n maatstaf vir die toekoms is, beteken dit dat hierdie volk weer sy vryheid sal herwin.

Dit is inderdaad sagte woorde op die oor. Daar tree egter ‘n belangrike vraag na vore. As jy hierdie vraag met eerlikheid kan beantwoord, is jy op die regte pad na vryheid.

Is jy bereid om daadwerklik te stry vir vryheid?

Ja, hierdie is maar ‘n kort vragie, en tog is dit ‘n vraag wat gelaai is met vele ander vragies. Dink daaroor, en as jy sou besluit om steeds langs die kantlyn te sit terwyl ander die stryd namens jou stry, wens ek jou vele rustige nagruste toe. Neelsie rol net te veel rond wanneer hy weet hy kon iets doen, maar het niks gedoen nie. Ongelukkig dan vir hom, moet hy maar doen wat sy hand vind om te doen.

Kom ons verskuif die klem bietjie weg van murg in die pype volksgenote aldan nie, na die onderwerp van volksmoord. Dit gaan hierdie skrywer se verstand te bowe hoe volksgenote sekere dinge kan kwytraak nadat ouers, kinders, broers, susters of enigiemand anders gemartel en/of vermoor is. Kan dit wees dat jou eie pa gemartel word en jy daarna in die openbaar kan sê die motief was om te steel? Of dat jou ouma verkrag word deur ‘n hele trop barbare, en jy dan verkondig dat jy tog so dankbaar is sy lewe? Ag nee sies man!

Laat hierdie Neelsie-skepsel nou vir julle ‘n geheimpie vertel. Die Afrikaanse koerante is geneig om hierdie volksmoord onder die mat in te vee deur gebruik te maak van terme soos “rower”, “booswig” en “rampokker”. Dink volgende keer twee keer voor jy bloot aanvaar dat dit ‘n gewone rooftog was. Die mens is darem maar ‘n snaakse wese, hy maak ‘n koerant oop, lees van ‘n “rooftog” waarin twee bejaardes met byle opgekap is, hy raak bekommerd, en net so vinnig soos sy bekommernis toegeslaan het, verdwyn dit weer met die lees van die woordjie “rower”. Hmmm, gelukkig is dit nie ‘n terroriste-aanval nie.

Mense, kom nou asseblief, dit is slegs een persoon wat daardie terroris ‘n “rower” noem, en ‘n tweede persoon wat dit goedkeur. Gaan jy werklik toelaat dat een of twee mense jou hele lewensuitkyk misvorm?

Ter afsluiting: ek het nou tot die slotsom gekom dat vryheid en volksmoord teenoorgesteldes van mekaar is. Sonder vryheid sal die volksmoord voortgaan, en terwyl die volksmoord voortgaan is ons nie vry nie.

Tot ek julle weer raakskryf, en julle my weer raaklees,

Boeregroete,

Kordaat Neelsie