Ek sien dit so!

Die land brand, en die blankes val oor hul voete om op te ruk na Soweto vir ‘n rugbywedstryd. Kan hierdie sinnetjie waar wees? Iets moet mos iewers fout wees.
Ook maar goed dat die 80 000 toeskouers se “gebed” voor die afskop, nie aangehoor was deur die wese aan wie dit opgedra is nie. Ek wonder steeds hoe blankes trots kan wees op ‘n lied wat eintlik niks met hulle uit te waai het nie.

Die afgelope vyf maande het ons een ding geleer, die vyand slaap nie. Saterdag se rugby-fiasko het ons nog iets geleer, die Afrikanervolk slaap doodrustig. Dit wil voorkom of mense eerder wil fokus op die positiewe, soos sport, wat na afloop van die Soweto-sirkus, nie baie positief is nie. Nog ‘n paar swak vertonings deur die gemengde Bok-en-Blomspan, en dalk, net dalk, begin ons mense eerder fokus op ander negatiewe dinge. Dinge soos…o ja! Die Volksmoord!

Ons mense word uitgemoor, en steeds kies hulle om met die einste moordenaars nasie te bou. Dit laat my onwillekeurig dink aan verlede Saterdag se naamsverandering-sirkus in die Pretoria stadsaal. Selfs met die bekende Afrika-mentaliteit wat ten toon gestel was deur die ANC ondersteuners, was daar steeds blankes wat op aandag gestaan het toe die “gebed” gesing is. Dit gaan my verstand te bowe! Is hierdie volkie werklik so erg gebreinspoel dat hy heeltemal vasgevang is in dubbelstandaarde? Daag op vir ‘n vergadering waar jy die naamsverandering teenstaan, en sing dan die lied wat vir jou niks beteken nie, maar vir die naamsveranderaars baie beteken.

Ons moet sterk staan, die bose aanslae kan nie vir altyd volgehou word nie, en wanneer die geleentheid homself voordoen, moet ons gereed wees om dit aan te gryp! Weet wie en wat jy is, en moet nooit skaam wees hieroor nie. Daar is baie mense wat jou skaamheid sal uitbyt vir eie gewin. Nugter alleen weet hoe enigiemand kan wen deur jou kamstige skaamheid uit te lig, maar ‘n verraaier en swakkeling is seker tot sulke dinge in staat.

As ek ‘n bietjie raad kon deel sou dit seker soos volg geklink het: Wees wakker, wees gewapen om jouself en jou gesin te kan beskerm, wees bereid om enige aanslag af te weer, wees versigtig wat jy sê en doen, wees al hierdie dinge, maar maak net seker dat jy nie jou kinders wees agterlaat nie!

Tot ‘n volgende keer,

Kordaat Neelsie