Egpaar terug geneem na hulle woonbuurt

Twee ystervarke is in ’n wildreservaat hervestig nadat honde hul skuilplek onder ’n houthuis in Moreletapark, in die ooste van Pretoria, verklap het.

’n Huiswerker van Christelle Skead, wat reg oorkant die Moreletakloof-natuurreservaat in dié houthuis bly, het gister gesê die honde het verskriklik geblaf.

Iemand het gaan kyk waarom die honde so blaf en op die twee ystervarke afgekom.

Die huis eienaar het natuur¬bewaring gister gebel om die twee te kom verwyder.

Hencke Marais van natuurbewaring se spesialis dienste het gesê die twee ystervarke is ’n paar want hulle loop gewoonlik saam.

Nadat Marais hulle verdoof het is hulle verwyder en terug geneem na die reservaat.