Dronkie gevang vir tref en trap

n Twintigjarige man sal in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn ná ‘n tref-en-trap-voorval in Kragga Kamma-weg.

Clem Morris, ‘n bekende fietsryer van Port Elizabeth, is dood badat ‘n motor, aan die verkeerde kant van die pad gery het, hom getref het.

’n Polisie woordvoerder het bevestig dat ‘n verdagte ná ‘n jaagtog met die polisie vasgetrek is.

Die man was twee keer te hoog bo die wettige drank beperking.