Demis Roussos besoek Suid-Afrika

Demis Roussos besoek Suid-Afrika aan die begin van Desember. Hy sal vier konserte vanaf die 2de tot 9de in die Kaap en in Johannesburg gee.
Die Griekse sanger het in die sewentigs sy naam gemaak met ‘n weergawe van die bekende `Forever And Ever.` In Europa en Suid-Amerika was dit vir weke die treffer en daarmee het sy sangloopbaan afgeskop.
In sy vaderland was hy reeds ‘n bekende naam danksy samewerking met die komponis Vangelis. Vangelis wat bekendheid verwerf het met sy rolprentklankbane vir “Chariots of Fire,” “Carravans,” en vele ander het Roussos as sanger en baskitaarspeler ingespan.
Die opmerklike operastyl waarmee hy sy “Rock” liedjies sing, het aan die groep ‘n unieke klank gegee wat tot wêreldwye sukses gelei het.
Besprekings kan by Computicket gedoen word.