China en Japan wil oorlog maak

China het Vrydag gereed gestaan om militêre skepe en vegvliegtuie na die Oos-Chinese See te stuur as gevolg van die dispuut met Japan oor die eienaarskap van ‘n eilandgroep.
Die verhouding tussen die twee lande word ernstig benadeel en die spanning word ondraaglik.
China het elf vaartuie, wat oorlogskepe insluit, asook agt vliegtuie na waters aan die land se ooskus gestuur.

Die bote en vliegtuie sal deelneem aan oefeninge ter beveiliging van die Diaoyu-eilande soos dit in China bekend staan. Die gebied staan in Japan bekend as die Senkaku-eilande.

Chinese woordvoerder het gesê “soewereiniteit oor sy grondgebied” word hierdeur beskerm.

Die spanning oor die eilandgroep het toegeneem met Japan se besluit het om die eilande amptelik te “nasionaliseer”.