Calgary, Alberta, Kanada se vroeë winter

In die gebied het daar oornag 10 tot15cm sneeu geval. Temperature het gedaal tot by minus 15 grade Celcius. Die sneeu het ‘n groot gemors veroorsaak op die paaie en dit het ysskaatsbane geword met motors opgehoop op die snelwee. Alhoewel dit nie goeie nuus is vir mense wat vroeg oggend moet werk toe gaan nie, is dit baie goeie nuus vir skieers. Die ski oord op die Nakiska berg in Kananaskis wes van Calgary sal hierdie naweek oop wees vir besigheid. Die oord se bestuurder Matt Mosteler het gesê dit is vreemd om so vroeg in die seisoen te open en die feit is dat dit nog nooit in Kanada so vroeg winter geword het nie.
Die sneeu het ook die mense wat in Calgary woon, laat saam staan. ‘n Openbare bus het op ‘n treinspoor in die stad in die sneeu vasgesit en selfs ‘n sleeptou-vragmotor kon hom nie los kry nie. Hordes mense het uit hul motors geklim, saam gestaan en die bus uitgestoot.
Dit lyk asof daar 8 maande van winter voorlê vir die mense van Alberta, Kanada