ANC se nuwe ekonomiese foefie

Die langtermyn program om infrastruktuur op te gradeer soos wat Jacob Zuma vanjaar in sy staatsrede aangekondig het, gaan sowat R4,000 miljard oor die volgende 15 jaar kos. Dit sluit tussentydse verhogings uit wat sekerlik verreken moet word.
“Die staat gaan self sowat R850 miljard oor die volgende drie jaar in sulke programme belê,” het Zuma gister aan verteenwoordigers van die sakewêreld by die infrastruktuur-konferensie in Sandton gesê.
Die regering het klaarblyklik 18 oorhoofse areas geïdentifiseer waar infrastruktuur oor die volgende twee dekades ontwikkel sal word. Hiervan is vervoer, energie, water en sanitasie belangrike komponente.
Die sogenaamde 18 areas bestaan uit 645 projekte wat deur die infrastruktuur se koördinerings kommissie bepaal is en wat hopelik ekonomiese geleenthede sal ontsluit.
Hy het gesê die regering kan nie sonder die private sektor al die projekte begin nie.
Een van die 18 fokuspunte is om die noordelike mineraal-gordel in Noord Transvaal te ontgin waar bykans 20 miljard ton steenkool, 6000 ton platinum, 5,ton chromiet en 4000 ton palladium ontgin kan word.
’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het gesê dat dit net nog ’n ANC foefie is aangesien die bestaande infrastruktuur onder hulle leiding so verval het dat dit waarskynlik nie weer reggestel kan word nie.
Dit sal veral onmoontlik wees om te herstel met die huidige onkundige werkerskorps waarmee die land opgeskeep sit, het hy gesê.