Afrika as alternatief vir Europa

Tydens ‘n Coface SA risiko konferensie het die organisasie se hoofuitvoerende beampte, Garth de Klerk, gesê dat daar aanduidings is dat Suid-Afrika besig is om sy handelsbetrekkinge met Europa te vervang met uitvoere na Afrika. Afrika lande sluit veral Mosambiek, Zimbabwe, Angola en Zambië in, maar daar word ook toenemende groei ondervind na sub-Sahara state en Asië.

Die EU, met ‘n BBP van $15 650 miljard is tans Suid-Afrika se grootste handelsvennoot. Die vier genoemde lande in Afrika se BBP is gesamentlik $167,5 miljard met Mosambiek $23,8 miljaard, Angola $115,9 miljard, Zambië $21,9 miljard en Zimbabwe $5,9 miljard. In totaal is dit 1% van die EU se BBP. Daar is heelwat Afrika state wat tans ‘n bogemiddelde ekonomiese groei toon, alhoewel dit van ‘n lae basis af is.