Aanstelling van regters wek kommer

Nape Dolamo, wat in omstrede omstandighede deur die Regterlike Dienskommissie (RDK) benoem is as regter vir Kaapstad, is klaarblyklik skuldig bevind op ’n hele aantal van die sowat 26 klagtes wat deur die prokureursorde van die noordelike provinsies (PONP) ondersoek is.

’n Hofgeding dreig nou om Dolamo se benoeming. Oud-appèlregter Louis Harms, wat die gerekende adv Jeremy Gauntlett SC vir een van die Kaapse poste benoem het, het van die RDK redes aangevra waarom Dolamo bó Gauntlett verkies is.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het, as voorsitter van die RDK, Dolamo as een van vyf nuwe regters vir Kaapstad aanbeveel.

’n Woordvoerder van die Verkennersbeweging het opgemerk dat die aanstelling van regters klaarblyklik nie meer op kundige mense met onkreukbare karakters ingestel is nie, maar hoofsaaklik op velkleur om die ANC se politieke sieninge te gehoorsaam.