Zimbabwe kom leen reuse bedrae in RSA

Zimbabwe wil Suid-Afrika en Angola nader om finansiële hulp om ‘n tekort van sowat $400 miljoen (dit is R3 miljard) in dié land se begroting aan te spreek.

Tendai Biti, Zimbabwe se minister van finansies, het gesê ‘n gebrek aan buitelandse beleggings is die rede waarom Zimbabwe sy buurlande om hulp sal nader.

Zimbabwe se ekonomie is stadig besig om te herstel ná ‘n koalisieregering in 2009 gevorm is. Die land sukkel egter as gevolg van die dekade lange resessie wat blameer word teen Mugabe se omstrede beleid van grond hervorming.

Biti het gesê Zimbabwe wil ten minste $150 miljoen (sowat R1,2 miljard) by Suid-Afrika en Angola leen.

Intussen het die ANC regime besluit om R2,5 miljoen se wapens aan Zimbabwe te verkoop. Hoe die bankrot Zimbabwe daarvoor gaan betaal is nie bekend nie.

Dit wil voorkom asof die lening en die wapen aankope gemik is op die komende verkiesing in die land, het ’n woordvoerder van die Verkennerbeweging van SA gesê.
Suid-Afrika sit tans met ’n massiewe handelstekort as gevolg van die ANC/SAKP se beleid waarvolgens meer goedere ingevoer word wat plaaslike nywerhede benadeel en selfs tot gevolg het dat ondernemings moet sluit, wat werkloosheid vêrder laat toeneem.