Woolworths kreun onder blanke aanslag

Die Woolworths kettingwinkel groep het besluit om sy Facebook-blad vir kommentaar te sluit weens ‘n stortvloed negatiewe en neerhalende kommentaar.

“Die besluit om ons Facebook-blad vir kommentaar te sluit is nie een wat ligtelik geneem is nie en waaroor ons nie gelukkig is nie,” het ’n woordvoerder gesê.

“Maar wanneer jou blad niks meer word as ‘n platform vir ‘n goed-georganiseerde veldtog van haatspraak nie, is ons dit ons kliënte verskuldig om hulle nie te onderwerp aan sulke bitterheid in ons eie huis nie,” het die verklaring gelui.

Die maatskappy het die afgelope tyd onder skerp kritiek oor sy rassistiese indiensneming beleid deurgeloop nadat berig is van advertensies wat geplaas is vir van die maatskappy se poste wat blankes verbied om aansoek te doen.

Woolworths se pogings om dit te ontken het blankes net meer woedend gemaak en dit het daartoe aanleiding gegee dat hulle hul webblad moes sluit vir kommentaar.

Intussen word nuwe inisiatiewe ontwikkel om blankes te ontmoedig om die maatskappy te ondersteun.