Wit en soet asseblief!

Die woordvoerder van die kettingwinkelgroep wat van hulle werknemers donker hou, het laat weet dat die winkel se bakkiesblad vir kommentaar gesluit het omdat hulle nie hulle klante wil onderwerp aan die bitterheid daarop nie! Dit gaan moeilik wees om bitterheid van kliente weg te hou as dit die kliente is wat bitter is!

Hierdie situasie is nie soos koffie maak nie. Hier kan jy nie swart en soet kies nie, swart gaan saam met bitter. Om die geld van jou meestal wit kliente te gebruik om slegs swart mense werk te gee is soos om van Malema se geld te vat om vir Zuma se kinders lekkertjies te koop! Natuurlik sal daar bitterheid wees! (en finansiële ondergang)

Dit is te laat om nou die wolsokkies op te trek, die swart onderrok sleep nou al so ver op die vloer agter die winkelgroep aan dat mense dit nou al raak trap. Talle mense boikot reeds die winkel. Die vraag is wel of dit nou weer oor twee dae vergete sal wees, sal die mense weer binnekort swig voor die lus vir die Wolwors tamaties wat gekweek is met organiese beesmis wat net op organiese wyse stink?

Verder is dit interessant dat organisasies wat ook by die wittes hul geld insamel om vir donkeres tassies te gee en kleuterskole te bou, nou saam boikot! So word gevry na die ondersteuning van al wat ‘n mnr of mev. Peterson, Seekoei en Draghoender is. Mag klein Gatiepie Swartbooi dan nie Wolwors toebroodjies in sy nuwe skooltassie inpak nie… al is dit sy ma wat dit maak!?

Nietemin, ter wille van konsekwentheid gaan ek dadelik ‘n brief rig aan SARU en vra dat al hul wins uit rugby aan sokker- ontwikkeling geskenk word en dat die Black Management Forum ‘n paar beurse aan wit studente moet gee.

In ‘n land waar regte net in skakerings van bruin kom gaan ek nou maar met gewone tamaties regkom en my eie mense ondersteun wat my eie mense met my eie geld ondersteun.

Nou gaan ek sommer vir my ‘n snytjie witbrood gaan smeer en ‘n koppie soet wit koffie drink!

Tot volgende slag

Die Sweep