Wie sit agter die volksmoord!

Honderde, nee duisende moorde is reeds gepleeg. Moorde wat almal basies dieselfde patroon het!

Dit is iets van ’n verrassingsaanval en word uitgeoefen met militêre presiesheid; die aanvallers is meestal twee, drie tot agt en meer; is gewapen met moderne vuurwapens, soms met messe en soms net ’n stomp voorwerp. Hulle opereer sodanig dat dit duidelik is die operasie is vooraf ingeoefen.

Die aanvallers kom uit ander oorde en onbekend aan die slagoffer, maar daar is ook diegene wat werkers was. Die slagoffers se liggame word wreedaardig vermink en so agter gelaat.
Dikwels is wapens en geld gesteel. Soms word net ’n selfoon vermis! Dan is dit ’n rooftog!
Soms is niks gesteel nie – slegs ’n lewelose liggaam word agter gelaat…..

Gevolgtrekking: Die aanvallers werk in opdrag van ’n opdraggewer. Die opdraggewer is waarskynlik die instrukteur. Die instrukteur is heel waarskynlik ’n oud- militêre figuur, dalk ’n oud MK-offisier, of ’n lid van die SAPD of iets soortgelyk.

Waar kom die fondse vandaan wat hierdie moordbendes vergoed? Is dit soos wat beweer word dat die ANC/SAKP regering wetend of onwetend die finansierder is wat militêre personeel betaal en die militante militêre personeel, afkomstig uit die MK stal, dwing die opgeleide “soldaat” om weerwraak te neem deur die Boer uit te wis wat die bosoorlog gewen het?

Iewers is iets van die bewerings en vermoedens dalk in die kol. Is daar dan geen metode wat die Boere-Afrikaners kan begin om dieper te delf in hierdie geheime oorlog wat teen hom gevoer word terwyl hy redelik magteloos toekyk hoe sy volk uitgemoor word nie?

Die bewering dat daar opleiding verskaf word aan die sogenaamde “nuwe MK magte” verdien deeglike ondersoeke. Die “Slangbende” wat reeds jare lank bedrywig is, kan tog sekerlik nie ongehinderd voortgaan met hulle gruweldade nie?

Die opleiding van jong leeglêers in die Jo Slovo-plakkerskamp is sekerlik nie so onskuldig as wat op die oog af voorgehou word nie?

Of is al hierdie beweringe maar net bespiegelinge? As dit bespiegelinge is, wie is dan die moordenaars en wie sit agter die terroriste wat die Boer wil uitwis?

Iemand het die vraag gevra: As dit nie die MK soldate is wat agter alles sit nie, is dit dalk die nasate van hulle wat op Majuba gesneuwel het?

As die president van die land sing dat hulle sy geweer moet bring, kan dit tog nie ’n onskuldige liedjie wees nie – is dit die sein wat aan die jong opgeleide “nuwe MK soldate” gegee word om hulle taak uit te voer?

Daar is genoeg vrae in die gemoed van Boere-Afrikaners – maar daar is vermoedens wat maar net nie wil wyk nie. Iewers sal die Boere-Afrikaners ’n Byleveld moet vind wat agter die volle waarheid kan kom waarom die volksmoord steeds voortgaan …. Oënskynlik ongehinderd !

Die mees onlangse geval van Corrie Sanders is net nog ’n bewys dat daar dieperliggend gekyk moet word – en daardie ondersoek moet deur Boere-Afrikaners gedoen word. As dit beteken dat die volk ’n Moordfonds moet stig waaruit mnr. Piet Byleveld vergoed kan word om so ’n ondersoek te doen, dan moet dit nou gedoen word.