Wees versigtig wat jy sê en doen

Gedurende die afgelope maande het lesers die saak gevolg van die sogenaamde Boeremag.

Die Vryburger was telkens heel eerste met elke dag se uitspraak en bevindinge soos wat dit deur die regter gestel is oor elkeen van die mense wat gevange geneem is. Gedurende die afgelope aantal jare was daar talle volksgenote wat simpatiek gestaan het teenoor die manne wat gevang is. Daar is ook diegene wat dit onomwonde gestel het dat die optrede nie goed gepraat kan word nie.

Die feit is: Hierdie manne is skuldig bevind aan hoogverraad – of dit reg of verkeerd is, is nie meer ter sprake nie. Hulle gaan vir jare agter tralies sit.

Die Vryburger het kennis geneem van gerugte wat nou in omloop is, waarvan daar ook op die internet iets te vinde is, wat beweer dat Nasionale Intelligensie besig is met beplanning om ’n tweede “Boeremag” kunsmatig te skep. Boere-Afrikaners gaan by sogenaamde beplanningsvergaderings ingesleep word wat later “gaan uitlek” sodat die veiligheidsmagte kan toeslaan. Die doel daarvan is klaarblyklik drieledig:

Eerstens sal dit die wereld se aandag aftrek van die volksmoord wat tans aan die gang is.

Tweedens sal dit die Boere-Afrikaner se aansien in die buiteland vertroebel.

Derdens sal dit die weerlig afleier wees om gerugte die nek is te slaan oor die nuwe wendinge in die land waarvan die onrus by myne en kragsentrales slegs die punt van die ysberg is.

Die Vryburger het ook inligting ontvang dat daar onder andere in die Jo Slovo plakkerskamp jong werklose matrikulante gewerf word om sogenaamde “selfverdediging opleiding” te ontvang.

’n Woordvoerder wat ’n kenner is oor militêre opleiding het aan Die Vryburger gesê dat daardie opleiding gedoen word in die omgewing van Johannesburg. Hy is glo besig met ’n ondersoek om vas te stel of die opleiding nie gedoen word om die terroriste aanslag op blankes te versnel nie.

Volgens die woordvoerder (wat verkies om anoniem te bly), is SAPD lede betrokke by die opleiding en bestaan die moontlikheid dat ’n nuwe generasie MK terroriste die volksmoord moet voortsit en uitbrei en die tempo daarvan versnel. Miskien is die agt moorde binne die eerste agt dae van September ’n bewys van die vermoede wat bestaan.

Hy het ten slotte ’n beroep op Boere-Afrikaners gedoen om nie betrokke te raak by enige vergaderings of byeenkomste waar gewelddadige verset aksies ter sprake is nie.

Hoe juis hierdie inligting is, kon nie vasgestel word nie. Lesers word aangeraai om versigtig te wees met uitsprake en maak vooraf seker oor die aard van byeenkomste wat bygewoon word.

Dit is egter ewe belangrik dat Boere-Afrikaners hulle nie deur hierdie gerugte moet laat intimideer om voort te gaan met die daaglikse werk om ons volk na vryheid te lei nie. Daar is baie werk wat gedoen kan word sonder om die landswette te oortree.