VIR DIE TUINIER – KOEDOELELIE

PACHYPODIUM SAUNDERSII

Die Koedoelelie is onder die vetplant familie geklassifiseer en sy oorsprong is Suid-Afrika. Dit is ’n pragtige plant vir die droë tuin en droë klimaat waar water skaars is. Hy kan ook in ’n pot geplant word, maar groei baie groter in die tuin. Hy is baie gewild in die Noord Transvaal en groei baie weelderig en blom ook weelderig in die droogte.

Hy groei die beste in volson en in grond wat baie goed dreineer. Gee hierdie plant ook net in die somer water wanneer hy vol blare is. In die winter is dit die beste om hom glad nie water te gee nie, want hy gaan dormant en loop weer pragtig uit in die lente, vol donkergroen blink blare. Indien hy te veel water kry, verrot die stam.
Die Koedoelelie se stam kan tot 1,5m dik word en maak takke, dig op mekaar wat +- 30 – 50 cm lank word en vol lang dorings is. “Saundersii” beteken “thick foot” en dit beskryf nogal die plant se stam pragtig en die plant is swaar in massa.

Sy blomme sit ook op die punte van die takke en dit is wit trosse wat ’n pienk skyn en het ook partymaal ’n pienk randjie om die blommetjies. Dit hang van die gebied af waar hy geplant is, of hy in die lente of herfs sal blom. Na die blomtyd, maak hy 2 lang harde saadpeule aan die bo-punt van die takke waar die blommetjies was.
Pasop vir die dorings!!!