Verwoestende brand eis egpaar se lewens

’n Oud-skoolhoof en sy vrou is in die sitkamer van ’n chalet dood weens ’n verwoestende brand by die Sondela-oord naby Warmbad.

Ig van Rooyen (76) en sy vrou, Nita (75), kon nie soos die ander 500 besoekers betyds van die vlamme wegkom nie.

Horace Geyger, Nita se broer van Pretoria, het saam met die Van Rooyens vakansie gehou. Hy het uit die chalet gevlug en was onder die indruk hulle het hom gevolg.

Blykbaar was die chalet al reeds aan die brand toe hulle besef het die Van Rooyen egpaar is nog binne.

Die vermoede bestaan dat terroriste verantwoordelik is vir die brandstigting want dit was ’n gulde geleentheid aangesien die wind besonder sterk gewaai het.