Vakbonde: skoenmaker hou by jou lees

Vivian Atud, ‘n ekonoom van die Vryemark-stigting, sê enige vakbond wat in die toekoms ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark wil speel, móét die belange van sy lede voorop stel.

Atud sê Suid-Afrikaanse werkers word al hoe meer bewus van hul regte en sal in die toekoms net nóg groter eise aan vakbonde stel.

In ’n onderhoud met Die Vryburger, het ’n voormalige vakbond persoonlikheid gesê dat vakbonde wat nie by hulle roeping en taak bly nie, van geen waarde is nie.

Vakbonde wat soos Solidariteit, slegs 25% van sy vermoë aan arbeidsake spandeer, sal uiteindelik van geen waarde wees vir sy lede nie, en moet eerder ontbind, het hy gesê.

Hy het daarop gewys dat lede die reg het om ontslae te raak van leiers wat hulle bemoei met ander sake, terwyl die lede se belange op die agtergrond bly.