Uit die Woord – Deut 6:6-7

“En hierdie woorde wat Ek jou vandag bevel moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.” –Deut 6:6-7

Wat is die woorde wat die Here hier beveel? Om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag! (vers 5) Hoeveel van ons kan sê dat ons met ons kinders oor liefde vir God praat? Hoegenaamd oor God praat? Dit is nooit te laat om te begin nie!