Hallo Daar,
Ek wil ten sterkste verskil van die opskrif van hierdie berig.
Dit is die Twane Metro munisipaliteit wat bankrot is en verseker nie Pretoria munisipaliteit nie.
Pretoria munisipaliteit, toe dit nog bestaan het, is deur kundige en bevoegde amptenare bestuur wat daartoe in staat was om behoorlike dienste vir alle inwoners te lewer. Finansieel het die munisipaliteit ook baie sterk gestaan, was te alle tye likied, kon behoorlike finansiële beplanning doen en ook begrotings ten uitvoer bring, wat tot ‘n groot mate toegeskryf kan word aan die bogenoemde. Die amptenare het hulleself ook nie verryk ten koste van die totale gemeenskap nie.
Ongelukkig kan ons slegs die teendeel sê van die huidige munisipaliteit en sy onbeholpe, onbevoegde, onbekwame en intellektueel onderontwikkelde en -gestremde amptenary.
Ek noem dit maar net vir wat dit mag werd wees.
Groete,
Herman Heine
‘n Jaar of twee gelede was daar baie dreigemente (net praaitjies) dat ons dienste gelde/ belasting moet weerhou – daar het niks van gekom nie. Karen Visser en andere soos Jaap Kelder het stil geword, of ten minste die man op straat is on-ingelug hier-omtrend. Ek stel voor Die Vrygurger begin en loods so ‘n aksie. Vir elke probleem is daar ‘n oplossing. Kom ons staan saam en le die stadsrade lam.
Hoe kan ons toelaat dat hulle ons geld teen ons aan wend, (miljoene der miljoene) sonder om hulle te waarsku dat ons ons belasting-gelde gaan weerhou as die naamsverandering voortgaan. Dit is hoofsaaklik blanke belastings/diengelde wat die rade laat oorleef.
Ja, ek verstaan dat Karen Visser en haar bongenote stil-stil verdwyn het, heel moontlik agv gebrek aan ondersteuning – maar dat Sunette Bridges ([email protected]), nou die vuurvreter is …
Ek hoop dat die Pretorianers almal saam met haar sal sing!