TRADISIONELE HERDENKING OP ERFENISDAG

Die jaarlikse eerbetoon by Moorddrift Monument, suid van Potgietersrust aan die oewers van die Nylrivier, word weereens beplan vir Erfenisdag, Maandag 24 September 2013. Daar sal D.V. om 10:30 v.m. by die Monumentjie vergader word waar daar in nagedagtenis van die vyftien afgestorwenes kranse gelê gaan word. Daarna sal ons soos gebruiklik Potgietersrus besoek, waar ‘n kranslegging by Kmdt. Genl. Piet Potgieter se graf sal plaasvind en die hongeriges iets te ete in die dorp kan koop. Die middag beoog ons om weer uit te ry na Makapansgat toe, waar die beleg in 1854 plaasgevind het in opvolging van die moorde by Moorddrift.

Alle belangstellendes word versoek on kranse of blomme te bring vir die twee kransleggingsgeleenthede.
Vir verdere besonderhede kan mnr. Willemse geskakel word by telefoon 015 297 5922.