Toyota Yaris het meeste beseringseise

Volgens “The Highway Loss Data Institute” in die VSA het Toyota Yaris, modelle 2009 – 2011 die grootste beseringsrisiko van enige ander motorvoertuig in die VSA. Persoonlike beseringseise is 28,5 keer vir elke 1000 Yaris voertuie wat verseker word.

Die tweede hoogste beseringseise is vir die kleiner Suzuki voertuig, die Suzuki SX4 met 26,6 eise per 1000 wat verseker is. Ander voertuie wat swak vergelyk is Chevrolet Aveo, Mitsubishi Galant, Kia Rio, Nissan Versa, Hyundai Accent en Dodge Avenger. Kleiner klas voertuie het die grootste potensiaal vir beseringseise.

Voertuie wat van die laagste beseringeise het is Porsche 911 met 4,5 eise per 1000 verseker. Ander motorvoertuie met van die laagste beseringseise is Chevrolet Corvette en Silverado, Jeep Grand Cherokee, Lexus LX570, Mercedes-Benz SL-Class convertible, Ford F-150, Land Rover Range Rover en Cadillac Escalade.