Tornados saai verwoesting in Kanada

Die weer het uiteindelik dwarsoor Kanada gestabiliseer na orkane in Nova Scotia, hittegolwe in Ontario, oorstromings in British Colombia en tornados in suidelike Alberta verwoestings gesaai het tydens die verbygaande somer. Alles is opgeruim en die Kanadese boere almanak voorspel ‘n baie gematigde winter. Kanadese hoop net daar is sneeu vir Kersfees!