Toeriste moedswillig gearresteer

Gedurende die week is ’n Suid-Afrikaanse burger en twee buitelandse toeriste gearresteer deur die Kempton Park polisie. Hulle het besoek gebring aan ’n vertoning en was oppad terug na die gastehuis toe hulle gestop is deur lede van die SAPD. Die bestuurder van die voertuig is uiters onbeskof behandel deur die swart polisiebeampte. Hy wou ook weet waarom ry hulle hierdie tyd van die aand rond in ’n motor.

Toe die SA burger (wat verkies dat sy naam genoem word nie) verduidelik dat hulle buitelandse toeriste met hulle het, wou hy dadelik weet waar hulle paspoorte is. Uiteindelik moes die gaste daar by die polisie wag sodat die SA burger hul dokumente kon gaan haal by die gastehuis.

Die polisiebeampte het in geen onduidelike taal dit tuis gebring dat hierdie land die swartmense s’n is en dat die SA burger “moet wakker word”.

Die woordvoerder het geëindig met: “How these idiots manage to mes up the country in such a short time, is beyond me.”