TLU SA reël toer na Georgië

‘n Volgende inligtingstoer word beplan na Georgië vir die week van 29 Oktober – 2 November 2012. Tydens die weeklange inligtingstoer met hul regering as die gasheer sal daar o.a. besoek afgelê word by die Suid-Afrikaners wat reeds daar boer. Voorbeelde van plase wat in die mark is sal ook besoek word. Buiten die landbou-fokus sal daar ook aandag gegee word aan ander beleggingsmoontlikhede.
Hierdie is ‘n gulde geleentheid vir persone wat dit oorweeg om ook in die buiteland te investeer om hul te vergewis van die moontlikhede aldaar. Die totale koste beloop ongeveer R15000 per persoon.
Vir meer inligting oor bogenoemde geleenthede kan Bennie van Zyl gekontak word by [email protected] of by 012 – 804 8031