Terroriste aanval op voormalige atleet

Nog ’n voormalige kampioen, Karen Harmse (gebore Wilkinson) is in die skouer geskiet en erg beseer tydens ’n aanval op hul plaas Rietfontein, naby Rustenburg. Karen was in jare negentigs ’n deelnemer aan die 100 meter hekkies tydens die Olimpiese Spele en was ’n Afrika rekord houer.

“Ek sien dit oor en oor in my gedagtes gebeur,” het sy aan verslaggewers gesê.

Nols de Wet, haar lewensmaat, het gevrees dat ’n aanval gaan plaasvind nadat die honde vergiftig is, maar tog gered kon word.

Een van die vyf dewapende terroriste het op Karen (46) afgestorm toe sy uit haar motor by die plaashuis klim. Hy haar geskiet en haar selfoon gevra wat sy in die bosse weggegooi het in ’n poging om hom uit die huis te hou. Sy het eers in die huis besef sy is gewond.

Die terroriste het De Wet, haar pa Kenny Wilkinson, en haar twee tienerkinders, Sheldon (15) en Amber (13), op die vloer laat lê.

Terwyl die gesin aangehou is, het die ander terroriste die rekenaars, beursies en selfone gesteel. Hulle is weg met Karen se Toyota en De Wet se Hilux.