Switsers sterk gekant teen rookverbod

By verre die meerderheid Switsers het gestem teen ‘n streng verbod op rook in restaurante en kroeë. Die voorgestelde verbod is in die meerderheid van die land se 26 kantons teengestaan, het die regering gesê.

Landwye vooruitskattings het getoon dat 66% van Switsers teen die inisiatief, wat deur gesondheidsdienste en organisasies bekendstel is, gestem het, terwyl 34% ten gunste daarvan was.

Ingevolge die huidige wet, word gaste in restaurante toegelaat om ‘n sigaret in aangewese kamers aan te steek.