Swak beheer laat seekoeie ontsnap

Terwyl bewaarders daarop fokus om ‘n tweejarige seekoei wat verlede maand ontsnap het, te vang, het hulle op nóg ‘n seekoei afgekom wat uitgebreek het uit ’n reservaat..

’n Woordvoerder van Die Bottom Road-reservaat sê die tweede seekoei het homself in ‘n riool-stortplek tuis gemaak.

Alhoewel personeellede die tweede seekoei monitor, is die fokus steeds om die jonger een in Zeekoevlei te vang.

’n Kenner in wildbewaring sê dat die uitbreek van diere uit reservate en wildtuine dui op die kern probleem van swak bestuur. Te veel onbekwame mense wat geen opleiding of ervaring het van bewaring nie, word in senior poste aangestel wat dan tot gevolg het dat beheer en bestuur verwaarloos word.

Gedurende die afgelope maande het talle seekoeie weggebreek, waarvan een dood is in ’n swembad omdat reddingswerkers te laat begin het om die dier te red. Verskeie berigte is ontvang van leeus, luiperds en ander gevaarlike diere wat wegbreek omdat heinings nie gereeld nagegaan word nie.