Stakers en mynbase kom ooreen

Lonmin se stakende mynwerkers het vroeër die myn se nuutste salarisverhoging aanvaar.

Die salarisse sal tussen R9 000 en R11 000 wissel. Hierdie is ‘n verhoging van sowat 22%.

Lonmin se bestuur en die werkers was albei desperaat om ‘n einde aan die onwettige staking te maak.

Mynwerkers sê hulle het finansieel gesukkel en dae laas geëet. Dit is egter van minder ernstige aard.

Die staking het 45 mense se lewens geëis. Hiervan was minstens 34 se dood toe te skryf aan die onverantwoordelike optrede van die polisie.