So word ons land gerinneweer

Die foto toon hoe daar onbeheers gemyn word in die Delmas omgewing deur Exxaro wat klaarblyklik sonder ’n waterlisensie onwettig in bedryf is.

Volgens berigte het die Blou Skerpioene van Waterwese departement die Exxaro se Leeuwpan-myn gestop. Volgens die berig het Exxaro nie ’n waterlisensie vir die myn nie.

’n Omgewingskenner het al geruime tyd gelede gewaarsku dat sekere myngroepe se bedrywighede in die opvangsgebied van die Olifantsrivier, wat deur die Krugerwildtuin vloei, groot gevaar vir die wildtuin inhou.

Met die moontlikheid dat skaliegas ontginning in die Karoo toegestaan kan word deur die regering, word die land al vinniger omgedolwe deur groot maatskappye wat net geldmaak voor oë het, het die woordvoerder gesê.