So word jou geld gesteel

’n Vooruit betaling van R500 miljoen vir HOP-huise vir die Vrystaatse departement van behuising is al verlede jaar in Desember deur korrupte amptenare onder verskaffers uitgedeel. Die skokkende nuus is vervat in ’n oudit nadat dié skandaal bekend gemaak iselê.

Die ouditverslag van Open Water Advanced Risk Solutions het dit bekend gemaak nadat hulle aangestel is deur premier Ace Magashule om die verdwyning van die geld te ondersoek.

Klaarblyklik het amptenare ’n aantal verskaffers aangeraai om kwotasies in te dien wat hoog genoeg is om só die miljoene rande te kan verdeel sodat alles uitgedeel kan word. Die R500 miljoen is eintlik vir huise vir armes bestem.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging het aan Die Vryburger gesê dat dit nie meer vreemd is dat elke transaksie wat deur die volksvreemde regime aangegaan word, gepaard gaan met ’n korrupte daad wat eintlik maar diefstal is.

“Is daar een kontrak of ooreenkoms waar geld by betrokke is in hierdie land wat sonder korrupsie aangegaan is”, het sy gevra.