Skelms aangekla vir moord, bedrog en vervalsing

‘n Handskrif-deskundige het in die Wes-Kaapse Hooggeregshof getuig dat die vrou van die wyle regter Patrick Maqubela probeer het om sy handtekening op sy testament te vervals.

Kol. Marco van der Hammen het gesê dat Maqubela se handtekening op sy testament in 2009 anders gelyk het as sy handtekening in 2003.

Thandi Maqubela word daarvan verdink dat sy die testament verander het om haarself die hoof begunstigde te maak.

Maqubela se lyk is in 2009 in sy luukse woonstel in Bantry Bay gevind en Thandi en haar mede-beskuldigde, die sakeman Mabena, staan tereg op aanklagte van moord, bedrog en vervalsing.

Albei het onskuldig gepleit.